Welkom by Sakkie Parsons Eposbediening

Die Here het vir my laat verstaan, “die mense sal jou vrae vra en jy moet hulle antwoord”.

Soms stuur iemand vir my ‘n vraag en dan sê ek vir ons Here, want ek kan dit tog nie vir Hom wegsteek nie. “Here, U weet ek weet nie hoe om hier te antwoord nie maar U het my hierdie bediening gegee en U moet asseblief nou net help.” Dan gaan sit ek en ek neem my Bybel en die bronne wat ek as geloofwaardig beskou en ek skryf.  Dan, soms as ek klaar gelees het wat ek geskryf het, soos destyds met van my liedere, gaan ek heerlik aan die huil as ek sien wat ons Here in ‘n mens se lewe kan doen.

Ek stuur weekliks e-pos aan mense wat dit graag wil ontvang. Indien jy ook graag e-pos van my wil ontvang, sluit asseblief aan by my E-pos Bediening. Jy kan ook al die e-pos wat ek tot dusver aan lesers gestuur het op die E-pos Argief bladsy vind.

Let wel: My eposadres het verander na bediening@sakkieparsons.co.za. Vanaf 1 Maart 2015 gaan sparsons@absamail.co.za nie meer in werking wees nie. Die ou adres kom nog voor in sommige van die dagstukkies en ons sal dit met die tyd korrigeer. Baie dankie vir jou geduld met my in hierdie saak.

Nuus

My agterkleindogter se 1ste verjaarsdag

Ek het die heerlike liefdevolle genade van ons Here gehad om op Sondag 31 Januarie, by my jongste agterkleindogter se eerste verjaarsdag te wees en ek deel graag met jou hierdie foto van, my dogter, my kleindogter, my agterkleindogter en myself. PSALM 31:20  O, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

Nuutste Epos

TWEE MANIERE WAAROP JY KAN WYS DAT JY VIR JESUS LIEF IS Sakkie Parsons Ons Here het iets op my hart gelê wat ek graag met jou wil deel. Dink gou ‘n bietjie terug, toe jy die eerste keer werklik verlief geraak het en nie net verlief was nie, maar werklik lief was vir daardie persoon. Kan jy onthou, toe die persoon ook gewys het dat sy/hy ook werklik lief vir jou is, hoe jy net nie genoeg van die persoon kon kry nie? Wat meer is, jy kon ook nie genoeg van die persoon gepraat het nie en al jou vriende/vriendinne moes amper tot vervelens toe hoor van julle wonderlike verhouding. My vrou wie nou...

Getuigskrifte

Hi Sakkie.

Dankie vir al jou boodskappies. Jy bly n inspirasie dat ten spyte van jou sig wat jy verloor het, jou vrou wat jou ontval het, jou geloof duidelik rotsvas is en jou diens is Sy naam bevestig dit.

Groete in Christus. 

Gys Potgieter