HY WAT GLO EN HOM LAAT DOOP, SAL GERED WORD.

Sakkie Parsons

Iemand het aan my geskryf en die volgende gevra en ek plaas die vraag direk uit die skrywe aan my:

“Ek verwys na Markus 16 vers 16.  As ons as babas in die kerk gedoop is en later in ons lewe tot bekering gekom het, moet ons weer (fisies) gedoop word met water?  Waarna verwys die vers?”

Markus 16:16  lees as volg.  Ek kwoteer vanaf vers 15:

Mrk 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Mrk 16:16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Ek wat die Evangelie hoor , moet volgens ons gelese gedeelte twee dinge doen:

Ek moet glo en ek moet my laat doop.

Mrk 16:16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; …

Buiten, dat dit ék is wat moet glo, is dit ook ek en net ek, wat moet besluit dat ek gedoop moet word.  Dit kan verseker na my mening niks anders beteken as die waterdoop nie.

Jesus sê dan ook by geleentheid:

JHN 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

JHN 3:4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

JHN 3:5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie,kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

Jy moet glo en dan jou laat doop.

Ek het in my meer as 50 jaar van vir ons Here werk, so baie mense teëgekom wat droog onbekeerd die doopbad in gegaan het en nat en onbekeerd weer uit die doopbad geklim het.

Ongelukkig is syfers vir sommige herders so belangrik, dat hulle mense doop wat werklik nog nie glo, soos wat iemand moet glo wat haar/hom laat doop nie.

Onthou ook, dat jy nie gered is omdat jy jou laat doop het nie.

Jy is gered omdat jy glo:

Mrk 16:16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Die dissipels het ongeveer drie jaar intensiewe opleiding by Jesus gekry, so ek  kan mos nie verkeerd gaan as ek doen wat hulle gesê het dat nuwe bekeerlinge moet doen nie?

Kyk wat sê hulle vir mense in hulle eerste bekeringsdiens:

HAN 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes,en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

HAN 2:39  Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.

Ek glo beslis dat ‘n mens jou moet laat doop as jy tot bekering kom en alhoewel ek ook klein gedoop was en gekatkiseer het, het ek eers jare later tot bekering gekom en my toe laat doop.

Ek sou graag net die volgende wil voorstel wanneer jy jou laat doop:

Laat dit wees by ‘n gemeente wat Jesus as die hoof van die kerk erken en met ander woorde bely dat Hy die begin en einde van alles is.

KOL 1:16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

KOL 1:17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

KOL 1:18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

KOL 1:19  Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon

Daarby moet die gemeente glo dat die hele Woord, die Woord van ons Here aan ons is.

2TIM 3:16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

2TIM 3:17  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereelde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.

Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.

Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is.  Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.