Epos Bediening

Ek het niks van ‘n rekenaar af geweet nie en so ver my kennis gestrek het, kan ‘n blinde in elk geval nie op ‘n rekenaar werk nie. Ons vind toe uit van hierdie wonderlike tegnologie, wat ‘n rekenaar met jou laat praat en ‘n hele nuwe wêreld gaan vir my oop. So het ek met die E-pos Bediening begin. Ek het dadelik gesoek wat ek met hierdie nuwe tegnologie vir ons Here kan doen en ons Here het gehelp en deur Sy genade, gaan my bediening elke dag van krag tot heerlike krag.

 

Die e-posse wat ek reeds aan intekenaars gestuur het, sal jy ook hier onder vind. Indien jy weeklikse e-posse van my wil ontvang, teken asseblief in op ons E-pos Bediening.