Elia

Getuienis

Ek het jou mos al vertel van my groot bewondering vir Paulus.  Wel ek het ook ‘n groot held in die Ou Testament, ek sal nou nie sê in my hart is hy gelyk aan Paulus nie maar soos ek in baie gevalle sê as twee dinge volgens my na aan mekaar kom: “Hy is ‘n “close second.”

Hierdie Ou-Testamentiese held van my se verhouding met ons Here was so goed, dat hy vir sy tweede grootste vyand en dit nogal die koning kan sê:

1KON 17:1  En Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!

Terloops, sy grootste vyand na my mening was die koningin Isébel, Agab se vrou – maar daaroor wil ek graag dalk by ‘n later geleentheid met jou deel.
Vandag wil ek met jou iets uit Elía se lewe deel wat my eendag toe ek dit weer lees so aangegryp het, dat ons Here toe Hy sien hoe die gebeurtenis my weer opnuut raak, my toe ook sommer “bless” met ‘n lied  aangaande die gebeurtenis.

Lees net eers gou die gebeurtenis:

Dit is nou so wat drie jaar later en die land is omtrent ‘n woestyn en Agab het deur die hele land en in die lande om hom na Elía laat soek. Elía was ongetwyfeld die mees gesoekte man op daardie deel van die aarde en nou reël hy vreesloos, omdat ons Here gesê het hy moet dit doen, ‘n ontmoeting met Agab.

1KON 18:17 En net toe Agab Elía sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel?
1KON 18:18 Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die HERE verlaat het en agter die Baäls aan geloop het.
1KON 18:19 Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd profete van Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet.

Kyk net wat gebeur as jy ons Here aan jou kant het:

Agab soek al drie jaar die hele wêreld vol na Elía, om hom dood te maak en nie net sê Elía dat Agab die koning na hom moet kom nie maar toe die twee voor mekaar staan, slaan Elía die kitaar en Agab dans.

1KON 18:20  En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom.
1KON 18:21  En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
1KON 18:22  Toe sê Elía vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van die HERE, terwyl die profete van Baäl vier honderd en vyftig is.
1KON 18:23  Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ék sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie.
1KON 18:24  Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.
1KON 18:25  Verder het Elía aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god aan, maar julle mag geen vuur maak nie.
1KON 18:26  En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Baäl, gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het.
1KON 18:27  En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos ‘n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word.

Hier moet ek net noem, dat die Bybelvertaling wat ek normaalweg gebruik soos ook in hierdie geval, na my mening deur baie konserwatiewe vertalers vertaal  was en daarom gaan ek 1Konings18 vers 27 ook vir jou uit twee ander vertalings kwoteer.

Die eerste vertaling wat ek kwoteer is uit die Lewende Bybel:

1KON 18:27 Teen die middag het Elia met hulle begin spot: “Julle moet harder roep,” het hy gesê. “Baal is mos darem ’n god! Miskien is hy ingedagte of miskien het hy ’n draai gaan loop of is hy êrens op reis. Of dalk slaap hy en dan sal julle hom moet wakker maak!”

Die tweede vertaling is die Living Bible:

1Kings 18:27  About noontime, Elíjah began mocking them.  “You’ll have to shout louder than that,: he scoffed, “ to catch the attention of your god!  Perhaps he is talking to someone, or is out sitting on a toilet, or maybe he is away on a trip, or is asleep and needs to be wakened!”

Ek glimlag elke keer as ek hierdie gedeelte lees.
Kyk, dit is darem rof met ‘n mens se god spot as jy sinspeel dat hy ook toilet toe moet gaan. Nie net sê jy dat hy behoefte aan kos en water het nie maar jy sê ook dat daar tye is wat hy nie in staat is om jou te hulp te kom nie, tensy hy dit natuurlik haastig met sy broek om die knieë of enkels moet doen.

1KON 18:28  En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het.
1KON 18:29  En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die spysoffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie.
1KON 18:30  Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die HERE herstel wat afgebreek was.
1KON 18:31  Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders tot wie die woord van die HERE gekom het om te sê: Israel sal jou naam wees.
1KON 18:32  en hy bou met die klippe ‘n altaar in die Naam van die HERE. Daarna het hy ‘n sloot gemaak rondom die altaar, ‘n ruimte vir omtrent twee mate saad,
1KON 18:33  en die hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê.

Kyk nou na hierdie man se geloof in sy God.
Hy gaan nie dat hulle dalk sê dit was die hitte van die son  of so iets wat sy offer aan die brand gesteek het nie.
Hulle god mag dalk soms met sy broek om die knieë of enkels betrap word omdat hy menslike behoeftes het maar nie die God van Israel en van jou en my nie.

HAN 17:25  Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.

Ook weet Elía en jy en ek dat ons God sluimer of slaap nie.

Psm 121:2  My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
Psm 121:3  Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
Psm 121:4  Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
Psm 121:5  Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.

Weer sê ek.
Kyk na hierdie man se geloof en vertroue in sy God.

1KON 18:34  Toe sê hy: Maak vier kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En hulle het dit vir die derde maal gedoen,
1KON 18:35  sodat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol water gemaak.
1KON 18:36  En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê: HERE, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het.
1KON 18:37  Antwoord my, HERE, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is, en dat U hulle hart tot U laat terugkeer.

Kyk nou wat gebeur as ‘n mens soos Elía op jou God vertrou.

1KON 18:38 Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.
1KON 18:39 En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!
1KON 18:40 Maar Elía sê vir hulle: Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vry raak nie! En hulle het hul gegryp; en Elía het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag.

Onthou jy drie jaar gelede het Elía vir Agab gesê, dat dit nie sal reën voordat hy, Elía so sê nie. Nou nadat Agab, die koning moes sit en toekyk hoe al sy afgodspriesters voor hom doodgemaak word, draai Elía na Agab.

1KON 18:41  Toe sê Elía vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën!
1KON 18:42  En Agab het opgetrek om te eet en te drink; maar Elía het op die top van die Karmel geklim en hom op die grond neergebuig…

‘n Mens wil in ekstase uitroep:
“Wat ‘n God!  Wat ‘n man!”
Hier volg dan nou die lied wat ons Here my daardie besondere dag gegee het, toe ek die gedeelte gelees het.

Elia

Vers 1
Dis vroeg in die more en ver oor die rant klim die son reeds vinnig na bo.
En vierhonderd man staan en wys met die vinger na een man wat nie soos hul glo.
Hul skut die gryskoppe glimlag meewarig vir die man wat hier voor hul staan.
Voor hierdie dag om is sal jy voorwaar sterf maar daai man het vier regop gaan staan.

Koor
Skreeu harder dat julle god hoor.
Hy’t dalk sy gehoor verloor.
Hy staan dalk en mymer.
Sit dalk en sluimer.
Skreeu harder dat julle god hoor.

Vers 2
Hul bou toe die altaar en neem hul slagoffer wat hulle toe net daar slag.
Toe speel hul die siters, sing hulle lofsang wyl hulle op die antwoord wag.
Hoe later hoe kwater met spiese en swaarde het hulle hulself toe geslaan.
Maar niks wou gebeur nie hul god wou nie hoor nie toe het Elía gaan staan.

Koor
Skreeu harder dat julle god hoor.
Hy’t dalk sy gehoor verloor.
Hy staan dalk en mymer.
Sit dalk en sluimer.
Skreeu harder dat julle god hoor.

Vers 3
Hy neem toe twaalf klippe, bou daar ‘n altaar waarop hy toe sy offer sit.
Graaf ‘n sloot en bring water gooi papnat en toe het hy daar gaan staan, hy’t gebid.
Die helder sonstrale blink daar op die water wat gelyk met daai sloot se wal staan.
Toe stuur God Sy vuur en die klippe en die offer het alles in rook op gegaan.

Koor
Kom laat ons dan hierdie God loof.
Want sien hierdie God word nooit doof.
Hy staan nooit en mymer.
Hy sit nooit en sluimer.
Kom laat ons dan hierdie God loof.
Dis werd om hierdie God te loof.