Skroplap of Witdoek

Getuienis

Ek het eendag vir mense gaan kuier en die vrou het, as ek reg onthou kort tydjie gelede van die kraaminrigting af teruggekom met haar baba. Sy gee my toe die baba om ‘n bietjie vas te hou en die kindjie het, wat ek net kan beskryf as, my heeltemal oorweldig. Want, terwyl ek die slapende wonder in my arms hou, het hierdie oorweldigende gedagte my getref. Ek is in die teenwoordigheid van ‘n mens wat nog nooit vir my God teleurgestel het nie. Dit was vir my wonderlik, Dit was vir my groots.

Ek dink dit was toe ek aan die doek wat die kind aangehad het vat, wat die volgende gedagte in my kop tot ‘n lied vorm gekry het. Ek wil net noem, dat dit was nog een van die outydse doeke en nie ‘n weggooidoek nie. Ons almal begin die lewe as ‘n spierwit doek en baie van ons eindig, as ‘n skroplap, waarmee satan allerhande gemors mee opvee. Dan kom God en Hy stel Homself aan my voor en neem die ou vuil, stinkende skroplap en ek word weer spierwit gewas in die bloed van Christus.

Dan doen baie van ons ‘n verstommende ding. Party doen dit feitlik onmiddellik en party doen dit na verloop van ‘n paar maande of ‘n paar jaar. Ek gaan terug na satan toe en bied weer my dienste aan as skroplap. Daaraan het ek gedink, terwyl die “sonder sonde mensie” in my arms lê en slaap.

Hier is dan die lied wat ons Here vir my gegee het.

Vers 1
Elkeen van ons was eenmaal, nes ‘n spierwit doek gewees.
As baba het jy daar gelê, die toonbeeld van jou God se Gees.
En jare, jare later, hoe het jou beeld toe gelyk?
Die vuilgoed en die modder,die skroplap in die slyk.

Koor
Hoe lyk jy hier vandag? 
Hoe lyk jy hier vandag?
Hoe lyk jy hier vandag? 
Hoe lyk jy hier vandag?
Kom sê my.
Is jy ‘n Witdoek of ‘n Skroplap?
‘n Skroplap of ‘n Witdoek??
Hoe lyk jy?

Vers 2
Want toe kom daardie ou duiwel en jy het sommer gou opgegee.
‘n Skroplap waarmee hy sy gemors mee op kon vee.
Tog jou wasmiddel is so kosbaar, ja, duur was jy gekoop.
Antwoord, moet jou God weer vuilgoedhoop toe loop?

Koor
Hoe lyk jy hier vandag? 
Hoe lyk jy hier vandag?
Hoe lyk jy hier vandag? 
Hoe lyk jy hier vandag?
Kom sê my?
Is jy ‘n Witdoek of ‘n Skroplap?
‘n Skroplap of ‘n Witdoek?
Hoe lyk jy?
Hoe lyk jy?
Kom sê my?

 

Skroplap of Witdoek