Welkom by Sakkie Parsons Eposbediening

Die Here het vir my laat verstaan, “die mense sal jou vrae vra en jy moet hulle antwoord”.

Soms stuur iemand vir my ‘n vraag en dan sê ek vir ons Here, want ek kan dit tog nie vir Hom wegsteek nie. “Here, U weet ek weet nie hoe om hier te antwoord nie maar U het my hierdie bediening gegee en U moet asseblief nou net help.” Dan gaan sit ek en ek neem my Bybel en die bronne wat ek as geloofwaardig beskou en ek skryf.  Dan, soms as ek klaar gelees het wat ek geskryf het, soos destyds met van my liedere, gaan ek heerlik aan die huil as ek sien wat ons Here in ‘n mens se lewe kan doen.

Ek stuur weekliks e-pos aan mense wat dit graag wil ontvang. Indien jy ook graag e-pos van my wil ontvang, sluit asseblief aan by my E-pos Bediening. Jy kan ook al die e-pos wat ek tot dusver aan lesers gestuur het op die E-pos Argief bladsy vind.

Let wel: My eposadres het verander na bediening@sakkieparsons.co.za. Vanaf 1 Maart 2015 gaan sparsons@absamail.co.za nie meer in werking wees nie. Die ou adres kom nog voor in sommige van die dagstukkies en ons sal dit met die tyd korrigeer. Baie dankie vir jou geduld met my in hierdie saak.

Nuus

My agterkleindogter se 1ste verjaarsdag

Ek het die heerlike liefdevolle genade van ons Here gehad om op Sondag 31 Januarie, by my jongste agterkleindogter se eerste verjaarsdag te wees en ek deel graag met jou hierdie foto van, my dogter, my kleindogter, my agterkleindogter en myself. PSALM 31:20  O, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

Nuutste Epos

DELANEY SE SANDWICH Sakkie Parsons Een Sondagoggend ‘n hele paar jaar gelede, kom my kleinseun Delaney, hy was toe sewe jaar oud, net nadat hy wakker geword het, by sy ma en sê vir haar dat hy honger vir ‘n “sandwich” is. Sy vra hom toe wat se soort “sandwich” hy wil hê.  Waarop hy antwoord: “Het ons Macdonalds in die huis?” ‘n Ruk nadat Alta my hierdie kostelike insident vertel het en ek weer met ‘n glimlag daaraan gedink het, het ons Here my weer herinner aan wat Hy by geleentheid gesê het. Mrk 10:14-16  14 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir...

Getuigskrifte

Hi Sakkie.

Dankie vir al jou boodskappies. Jy bly n inspirasie dat ten spyte van jou sig wat jy verloor het, jou vrou wat jou ontval het, jou geloof duidelik rotsvas is en jou diens is Sy naam bevestig dit.

Groete in Christus. 

Gys Potgieter